Sunday, June 20, 2010

cinderella storie

Jy vat n lepel en jy roer my
diep in my binneste skommel jy my
jy vat my gevoelens en pak dit op n rak
herrangskik en rearrange en dan als weer terug pak

omgekrap en deurmekaar
sit ek nou na jou en staar
jy figure my uit en jy ken my te goed
maar as jy iemand perfek soek
lees liewer die cinderella sprokies boek

daar maak alles altyd sin
die koning en sy koningin
die meisie is perfek en mooi
is haar gevoelens ook uitgepak en terug gegooi?

nou sit ek maar hier op my klip
en hoop dat jy my sal aanvaar nes ek is
sonder dat jy my skommel, regpak of rearrange
vat my net so
want dit is al wat jy gaan kry

No comments:

Post a Comment