Sunday, June 20, 2010

Roadtrip

net ek en jy
dit is skemer en dit is herfs
erens langs die pad
is daar wolke pienk geverf

woorde so vol
woorde so leeg
woorde wat ons spreek
oor liggaan en gees

en erens aan die skadukant
raak jou hand onverwags aan my hart
en met alle mag wil ek keer
want dit is so onverwags

nou is daar tralies om my hart gebou
en jy is die een wat die sleutels vashou

No comments:

Post a Comment