Tuesday, June 8, 2010

Liefde


Ek sit alweer en wag vir jou
story of my life
dit is kind of sad ne?

tussen take-away bokse, dvd's en bonjovi
het ons van mekaar vergeet

met elke dag se struggle vergeet jy om my vas te hou
en vergeet jy van blomme en ons anniversary
en ek vergeet om dankbaar te wees dat jy my badwater ingetap het


dit is alles so n flipin cliche
die droom
die passie
die idiot wat met n smile op sy gesig rondloop en vergeet van realiteit
die meisie wat vergeet dit is 2010 en hard to get is n freakin moet
teensy jy op die grond wil sit om die stukke van jou hart op te tel

die lewe is wreed
en die liefde maak nie altyd sin nie
mense skei deesdae vinniger as wan n dragqueen na n shoe sale toe hardloop
but that is life
en as jy nie jou oe te vinnig knip dan sal jy hulle sien
die couples wat jou hoop gee
wat saam lag en dans en speel
wat jou laat besef I want what they have

so sping in die verdomde vuur en vat n kans
jy kan dalk brand
maar net dalk is dit die moeite werd

No comments:

Post a Comment