Sunday, June 20, 2010

Passie

Ek wil drome droom wat vir ander onmoontlik lyk
ek wil kaalvoet in die reen dans en met al my klere in die see in hardloop
ek wil in koue weer roomys eet
en hardop vals sing
ek wil se wat ek voel al klink dit dom
ek wil iets moois in alles sien
ek wil met oorgawe foute maak
en met meer oorgawe leer
ek wil elke oomblik lewe
met passie

No comments:

Post a Comment